Die Groot Plaasproe

Saterdag 12 & Sondag 13 Oktober 2019

Sandringham-plaas, Stellenbosch

Awarded the ROAR award 2017 & 2018

as Best Trade & Consumer Exhibition in Africa 1200m² plus

Die Groot Plaasproe
‘n Plaaservaring soos geen ander!

Die derde jaarlikse Groot Plaasproe van Saterdag 12 tot Sondag 13 Oktober 2019 op Sandringham buite Stellenbosch beloof ‘n proe-ervaring van álles wat die plaaslewe bied:

  • geniet plaaskos te kies en te keur
  • leer meer as 300 plaasdiere van nader ken
  • wen pryse met jou dansvernuf saam met 250 lyndansers
  • ontdek unieke kombinasies soos Bok&Bier (boerbokvleis en boetiekbier)
  • Internasionale Pinotage-dag (12 Oktober)
  • smul aan gewilde eetgoed soos roosterkoek, wildsvleis, skaapstertjies, plaaslike wyn en gin, Karoolam-sosaties, spesialisbrode en handgemaakte roomys
  • bobaas-braaiers kan inskryf vir Die Braai Crew se braaibroodjie- en ander braaikompetisies
  • splinternuut vanjaar is Arabierperd-vertonings wat beloof om skouspelagtig te wees
  • kinders kan op ponies ry, stokbrood maak en hul hase inskryf vir ‘n troetelkonynskou

Die fees vind daagliks van 09:00 tot 17:00 plaas. Kaartjies is by Computicket en die hek beskikbaar teen R120 vir volwassenes en R30 vir skoliere. Toegang vir kinders onder ses jaar is gratis. 

The Groot Plaasproe
A farm experience like no other!

The third annual Groot Plaasproe from Saturday 12 to Sunday 13 October 2019 at Sandringham outside Stellenbosch promises a taste experience of everything that farm life offers!

  • a feast of farm food
  • get up close with more than 300 farm animals
  • show off your dance skills alongside 250 line-dancers and win
  • enjoy unique combinations such as “Bok & Bier” (Boer goat meat and craft beer)
  • International Pinotage Day (12 October)
  • relish tasty farm food creations such as “roosterkoek”, venison, “skaapstertjies”, local wine and gin, Karoo lamb kebabs, hamburgers, speciality bread and handmade ice cream
  • top braaiers can enter the Braai Crew’s “braaibroodjie” and other braai competitions
  • brand new this year is an Arabian horse show that promises to be spectacular
  • children can ride on ponies, make their own “stokbrood”, and enter their bunnies into a pet rabbit show

The festival takes place daily from 09:00 to 17:00. Tickets are available at Computicket and the gate at R120 for adults and R30 for scholars. Entrance is free for children under 6 years. 

Musiek, dans & kuier!

Die Wildberries

Ons gaan balke toe!
11:00 – 13:30

Pieter Mohr

Country Sanger
13:30 – 15:30

Nic Stevens

Bekend vir “Toeter Skoeter”
15:30 – 17:00

Lyndans

saam met Bootscooters
10:00 – 15:30

Die Braai Crew Braaikompetisies

SATERDAG 12 Oktober: Bou ‘n Burger-kompetisie
SONDAG 13 Oktober: Braaibroodjie-kompetisie

Deelname is gratis, skryf hier in

Die Wildberries

Ons gaan balke toe!
11:00 – 13:30

Pieter Mohr

Country Sanger
13:30 – 15:30

Nic Stevens

Bekend vir “Toeter Skoeter”
15:30 – 17:00

Lyndans

saam met Bootscooters
10:00 – 15:30

Die Braai Crew Braaikompetisies

SATERDAG 12 Oktober:
Bou ‘n Burger-kompetisie

SONDAG 13 Oktober:
Braaibroodjie-kompetisie

Deelname is gratis, skryf hier in

Kontak ons | Get in Touch

Agri-Expo by 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za